Biltong Jag Pryse 2012
Foto's van Tentkamp
Aan al ons biltong jag groepe van 2011 wil ons
baie dankie sê. Dit was 'n lekker jag jaar en ons het goeie trofees gejag.
Wat trofees aan betref, niemand kon verbeter op die Rowland
Ward Blouwildebees wat Martiens Koch hier gejag het in 2010 nie. Daar is
wel 'n paar baie mooi Kudu-bulle, 'n besonderse Gemsbokbul en mooi Elandbulle gejag. Baie Dankie
vir die jagters wat reeds geboek het vir 2012.
Ons wil graag hiermee jagters wat ernstig is
oor jag uitnooi om te kom jag.
Kyk by
www.iganu.com/Rpryse.htm vir
die biltong pryslys.
Ons jag op 1 200ha - ons verkies om nie meer as 4 jagters op een slag in
die veld te hê nie.
Kyk hier waneer is daar nog plek beskikbaar is vir
2012.
Bel of e-mail ons asseblief vir enige
navrae.
Dries sel nommer: 078 383 9182 Hetty sel
nommer: 083 368 5821 E-pos:
hetty@iganu.com
of Info@iganu.com
PAD Aanwysings na Iganu Game
Ranch:
Google Earth:
23°29'07.07"S 28°18'13.83"E
Daar is padwerke op die Modimole
(Nylstroom) - Vaalwater pad.
Dit is beter om via Naboomspruit - Sterkrivier om na Marken te ry.
Pad aanwysings via Vaalwater:
Vanaf Johannesburg of Pretoria: Klim op die
N1 Pietersburg / Polokwane; Ry tot by die Kranskop Tol hek en draai
Links na Nylstroom / Modimole; Ry reguit deur Nylstroom / Modimole na
Vaalwater; In Vaalwater ry tot by die STOP draai regs na
Melkrivier; Hou reguit aan met die Melkrivier pad tot by T-aansluiting
wat links wys Marken - draai Links; Ry reguit tot by volgende
T-aansluiting wat Marken / Potgietersrus wys draai Links na
Marken; By Marken kry jy 'n T-aansluiting, draai links na Ellisras /
Lepalale; Ry 5km op die pad na Ellisras - sien bord Jemima road,
draai Regs op Jemima Pad (grond-pad); Volg die Jemima pad vir 8km tot
by Iganu Game Ranch bord, draai regs en gaan deur die hek - Volg pad
en aanwysings tot by Iganu Game Ranch.
|